Die polisie moes die kerk met geweld binnegaan om die kinders tussen die ouderdomme van drie en 13 jaar te red, het lt. kol. Mzukisi Fatyela, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

“Die kinders bly in die kerk. Hulle gaan nie skool nie en party het nie eens geboortesertifikate nie. Daar word beweer hulle is nie toegelaat om buite die hekke te gaan nie. As jy in daardie kerk woon, mag jy dit nie verlaat nie,” sê hy.

Mzukisi sê die departement van maatskaplike ontwikkeling ondersoek die kerk al maande lank. “Die department het ná afloop van hul ondersoek na ons toe gekom en ons gevra om die kinders te help red,” het hy aan News24 gesê.

“Die kerk het geweier om die polisie die gebou te laat binnegaan en ons moes ons weg in forseer.”

Die kinders is verwyder en na plekke van veiligheid geneem. Mzukisi sê niemand is in hegtenis geneem nie.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou

Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele

Pak jou tasse en loop, hoor bejaarde vrou na bewering by ouetehuis

Dié vrou se ‘gebreekte’ Fitbit het eintlik ’n ongelooflike geheim verklap

Man wat 30 jaar lank vermis was, los sy eie saak op