Krugersdorp News het genl. Anna Mateisi van die Wes-Randse polisie genader oor die moontlikheid van een of meer reeksmoordenaars wat in die omgewing op vrye voete verkeer.

Die eerste slagoffer was Anthony Scholefield, gevolg deur Kevin McAlpine (albei is in plastiek toegedraai in hul motor se kattebak gevind). Die derde slagoffer binne die kort tydsbestek was Hanle Lategan, wie se lyk Dinsdagoggend in die veld naby Randfontein gevind is.

Dit kom ná drie skokkende moorde binne soveel weke. Al drie slagoffers is verwurg.

Die polisie het ná die aanlyn nuusdiens se versoek ’n verklaring uitgereik oor die kommerwekkende situasie.

Daarin poog hulle ernstig om die gemeenskap gerus te stel en aan te moedig om basiese veiligheidsmaatreëls te tref.

Tog is geen nuwe inligting oor die moorde verskaf nie.

Luidens berigte is die Krugersdorpse polisie op hoë gereedheidsgrondslag geplaas.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Appel Ernst, sê dié berigte is op hoorsê gegrond. “Sigbare polisiëring word ontplooi op grond van daaglikse misdaadstatistieke om bekende probleemgebiede te polisieer.

“Moord volg byvoorbeeld nie noodwendig ’n misdaadpatroon nie en dis onmoontlik om die volgende moord te voorspel.”

Ander stories op Huisgenoot.com

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer