chess-fb

Maar toe ’n man die deur antwoord en hy is duidelik alleen, raak hulle agterdogtiger.

Beamptes in Oslo, Noorweë, het verskeie bekommerde oproepe ontvang van inwoners van ’n woonstelblok en het geklop waar hulle vermoed die geraas vandaan kom.

Al wat hulle ontdek het, was ’n man en sy rekenaar – hy het kalm verduidelik hy het teen die rekenaar skaak gespeel en was platgeslaan toe dit hom uitoorlê en verskeie keer klop.

Die polisiebeamptes kon skaars hul lag hou, maar het die man herinner dat hy versigtig moet wees.

Die Oslo-polisie het Maandag deur hul amptelike rekening oor die voorval getwiet: “Ons is hier. Dit was net ’n skaakspeler wat gefrustreer was omdat sy rekenaar hom herhaaldelik geklop het.”

Bronne: The Miror, Metro.co.uk, Twitter