Volgens die Nyasa Times is die meisie, wat glo al in 1997 dood is, Woensdag gevind waar sy in Namulenga in die Mulanje-distrik dwaal.

Die polisie het die voorval bevestig en gesê ’n vrou het vir die meisie gevra wie sy is, waarop sy geantwoord het dat sy slegs haar storie aan die polisie sou vertel.

By die polisiestasie het die meisie begin “vreemd optree” en die polisie het haar hospitaal toe geneem. Hulle het as ’n verstandelik gestremde pasiënt beskou.

Die ondersoek duur voort en die polisie probeer haar familie opspoor.

Malawi24 het in Februarie berig van ’n 16-jarige tienerseun wat 10 jaar ná sy dood uit die dood herrys het. Michael Katugwa se verskyning het talle mense verstom en hulle het gestroom na sy dorpie om hom te sien.

“Die pa het gesê hul seun is in 2007 op sesjarige ouderdom by die Mchinji-distrikhospitaal ná ’n kort siekte oorlede,” het die polisie destyds gesê.

Bron: News24