Die Britse polisie ondersoek nuwe inligting wat na vore gekom het oor die dood van prinses Diana en Dodi Fayed in Parys sestien jaar gelede.

Scotland Yard wou nie verdere besonderhede bekendmaak nie, maar het erken dat die ondersoek in die hande is van die spesiale misdaad-eenheid.

Diana en Dodi is in 1997 in die Franse hoofstad dood toe hulle van fotograwe af weggejaag het.