Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het ’n Uber-bestuurder die paartjie by ’n hotel afgelaai toe drie gewapende mans hulle genader het. 

“Ons soek steeds na die verdagtes. Die paartjie is steeds in ’n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal.” 

Die paartjie het glo Sondagoggend uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) geland en die polisie vermoed hulle is moontlik van die lughawe agtervolg.

Mavela sê hy kan nie uitbrei oor hoeveel voorvalle daar waar rowers slagoffers van die lughawe af agtervolg, was nie, maar dit is ’n gewilde modus operandi. 

“Ons maan die publiek aan om altyd paraat te wees en op die uitkyk te wees of hulle agtervolg word.” 

Hy sê daar is in hierdie stadium geen aanduiding dat die Uber-bestuurder iets met die rooftog te doen gehad het nie, maar hulle ondersoek alle moontlikhede.