’n Tienermeisie (15) is oornag wees gelaat nadat haar hele gesin deur inbrekers doodgemaak is.

Haar ma, pa en twee sibbes is Dinsdagaand in hul huis buite Brits in Noordwes doodgeskiet.

Volgens Brig. Sabat Mokgwbabone, polisiewoordvoerder, het die booswigte die familie se huis in die Mmakau-nedersetting binnegedring en die 41-jarige pa en 40-jarige ma saam met hul drie en 22-jarige kinders doodgeskiet.

Die rowers het daarna met die familie se motor gevlug. “Die meisie is ook raakgeskiet, maar sy is nie ernstig beseer nie,” sê Sabat.

Dit is nie bekend waar sy op die oomblik is nie. Die gesin se motor is later tussen digte bosse in dieselfde nedersetting gevind.

Sabat sê hulle kan nog nie bevestig wat die motief agter die skietery was nie.

Die pa was glo ’n polisiebeampte by die Hebron polisiestasie.

“Daar is tans geen nuwe inligting beskikbaar nie en ons is nog opsoek na die verdagtes,” voeg Sabat by.