Die polisie het die nuus vanoggend op ’n nuuskonferensie in Port Elizabeth bekendgemaak.

Die polisie het roof as ’n motief uitgesluit en sê daar is prima facie getuienis teen hulle.

Jayde was ’n onderwyser aan die hoër meisieskool Riebeek College op Uitenhage. Sy is verlede Dinsdag voor haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer waarna geld in KwaNobuhle uit haar bankrekening onttrek is. Haar lyk is daar naby in ’n verlate gebied gekry.

Haar dood het skokgolwe deur die land gestuur en plaaslike inwoners het groot saamtrekke gehou om haar lewe te gedenk.

Een van die verdagtes kom vandag in die landdroshof in Port Elizabeth voor en die ander op Maandag 4 Mei.

Een verdagte is in die week in hegtenis geneem en die tweede een laat laasnag.

Bronne: The Herald; Twitter.com