Toe onderhandelaars nie die man van San Francisco tot ander insigte kon bring nie, het sy familie daar aangekom met sy kat omdat hulle gemeen het dié sal hom laat ontspan. En dit het gewerk. Die man, wat homself om te lewe wou bring, het binne 45 minute nadat die kat daar aangekom het, tot bedaring gekom.
’n Bron het aan SA Gate gesê: “Die onderhandelaars het daarin geslaag om sy troeteldier te gebruik om hom te oorreed om terug te gaan in die gebou, met die trap af te kom en hom sonder enige voorval oor te gee.” “Ek kan nie onthou dat ek al ooit ’n kat gebruik het nie, maar dit het gewerk,” het Albie Esparza, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

“Moet nooit die krag van die liefde tussen mense en hul troeteldiere onderskat nie. Ek dink dit is fantasties om verder te dink, soos die polisiebeamptes wel gedoen het. Dit het ’n groot genoeg uitwerking op hierdie man gehad om hom tot sy sinne te bring en te laat afklim.”

Bronne: sfgate.com, distractify.com