Pretty Litlle Liars se kostuumontwerper, Mandi Line, het onlangs met InStyle gepraat oor die veranderende modes wat ons in die vyfde seisoen van die reeks sal sien.

“Ek sou sê hou veral Hanna (Ashley Benson) se modes dop,” het sy gesê oor die verandering in modes. “Sy kom oor na die donker kant toe. Alison, die koninginby is terug, en Hanna bevraagteken dus haar identiteit. Wie is sy noudat Alison terug is? Ek dink dis koel hoe die klere daardie verhaal kan uitbeeld.”

Mandi het bygevoeg: “Ek wil hê dit moet lyk of hulle dag en nag op die rooi tapyt is by die Hoërskool Rosewood! As ek my sin kon kry, sou hulle almal in hakskoene wees met 5 kg se bykomstighede en 35 patrone, met rastalokke, vlegsels en verskillende kleur hare!” Ons stem!