VER van die huis het sy een oggend drieuur in Engeland na die sterre gesit en kyk. Net daar het Bronwyn Parsons geweet watter loopbaan sy wil volg: Sy wil ’n vlieënier word.

Min het sy toe geweet dat haar ousus jare later op Plettenbergbaai se strand aan reddingswerkers sou moes beskryf hoe sy lyk, in die hoop dat, as haar lyk gevind word, dit herkenbaar sal wees.

Bronwyn was die vlieënier van die rampvliegtuig van die teëlmaatskappy Italtile wat vroeër vandeesmaand in digte mis vermis geraak en naby Plettenbergbaai in die see beland het. Dit het die lewe van al nege insittendes geëis, onder wie die borrelende vlieënier wat altyd gesê het ‘‘sy wil aanhou vlieg tot sy eendag ’n ou tannie is’’, vertel haar suster, Jax Parsons (35).

Tog het Bronwyn gereeld ook grappenderwys vir mense gesê sy sal nie ouer as 34 word nie.

Toe sterf sy op 32 in ’n raaiselagtige vliegramp waarvan die oorsaak nog onbekend is.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 24 Februarie 2011

Bespreek vir Skouspel!