Dani, verlede jaar Playboy se Playmate van die Jaar, was in die kleedkamer van haar gim toe sy besluit om ’n selfie te neem waarop ’n naakte vrou op die agtergrond sigbaar is – sonder die vrou se toestemming.

Die byskrif by die aanstootlike foto was: “As dit in my geheue ingeprent moet wees, moet dit in joune ook wees.”

[caption id="attachment_156941" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: @DaniMathers, Twitter PHOTO: @DaniMathers, Twitter[/caption]

Dani het klaarblyklik bedenkinge gehad en die Snapshot-plasing vinnig uitgewis – maar nie voordat duisende van haar aanhangers dit gesien het nie.

Dis geen wonder dat die model in die sosiale media gelooi is vir die plasing nie.

“Dit is mense soos jy wat ander mense ongemaklik laat voel om in openbare kleedkamers te verklee,” het een vrou getwiet. “Gruwelik.” Lees ook: Twee selfies, twee jaar uit mekaar geneem het iets eienaardig in gemeen Nog een se plasing het gelui: “@DaniMathers, daardie arme vrou se liggaam doen nou die ronde op die internet al het sy dit nooit so bedoel nie. Dit is werklik hartverskeurend.” Dani het in ’n paar wanhopige twiets teruggekrabbel aan haar 75 000 volgelinge op Twitter, en ook in ’n video op haar Snapchat-profiel verskoning gevra.

"Ek is jammer oor dit wat ek gedoen het . . . ek het nou alleentyd nodig om na te dink oor die rede waarom ek hierdie verskriklike ding gedoen het,” het sy gesê. “Goeienag.”

[caption id="attachment_156940" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: @DaniMathers, Twitter PHOTO: @DaniMathers, Twitter[/caption]

Ongelukkig is al die jammerte in die wêreld nie genoeg om Kalifornië se Wet op die Verspreiding van Privaat Foto’s te omseil nie.

Ná die plasing is Dani se saak ondersoek en die Los Angeles-polisie het die vrou op haar foto opgespoor.

Volgens die skinderwebwerf TMZ wil die vrou, wat in haar 70’s is, hê Dani moet “die volle gesag van die wet voel”.

Volgens die owerhede gaan hulle aanbeveel dat die aanklaers Dani ’n vonnis van tot ses maande tronkstraf oplê.

Lees ook: Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

Die fiksheidsfanatikus is nou uit al die takke van die LA Fitness-gimnasium verban weens die skending van ’n medelid se reg op privaatheid.

“Haar gedrag is skokkend en dit veroorsaak dat elke lid die risiko loop om sy of haar privaatheid in te boet,” het Jill Greuling, die maatskappy se uitvoerende adjunk-bedryfshoof, aan Los Angeles Times gesê.

Dani is ook onbepaald geskors as aanbieder van die radioprogram The Heidi and Frank Show op Los Angeles se 95.5 KLOS.

Bronne: tmz.com, unilad.co.uk, dailymail.co.uk

– Lindsay de Freitas