Die baas van die hond het in die nag wakker geword van ’n gesis, vertel bevelvoerder Markus Ortmair.

Sy was bang die geluid kom van ’n beskadigde gaspyp, en het die brandweer op die dorp in die weste van Oostenryk ontbied.

Toe die brandbestryders daar aankom, het hulle gesien die jaghond het waarskynlik die platespeler met sy poot aangeskakel. Die geluid was die gekrap van die naald aan die einde van ’n lekkerluister-plaat.