’n Plastiese chirurg het sy twee dogters se borste geopereer.

Charm en Brittani Niccole se pa, dr. Michael Niccole, het die voorkoms van hul borste met plastiese chirurgie verbeter. Die susters het ook hul vriendinne aangemoedig om onder hul pa se mes deur te loop.

Charm vertel: “Om ’n operasie by my pa te kry maak sin; hy is die beste met wat hy doen en ek weet ek is in veilige hande.

“Ek het in Orange County grootgeword en so baie mense gesien wat plastiese chirurgie kry; dit was nooit vir my iets besonders nie.”

Brittani (25) het haar eerste borsoperasie vir haar 18de verjaardag gekry. Charm, wat ewe oud is, se eerste operasie was op 10; haar pa het haar naeltjie, wat uitgestaan het, met plastiese chirurgie reggedokter.