Verskeie ontnugterde politieke leiers het in die aanloop tot gister se verkiesing Suid-Afrikaners aangeraai om eerder hul stembrief te bederf of vir kleiner partye te stem.

Oud-ANC-stryders soos Ronnie Kasrils en Nozizwe Madlala-Routledge het die Sidikiwe! Vukani! Vote No!-veldtog geloods om die regerende party se meerderheidstem te probeer minag, maar volgens die Onafhanklike Verkiesingskommisie (OVK) se inligting het min kiesers hulle by die besluit geskaar.

- Mieke Vlok

Bron: Sapa