’n Plaaswerker is in Februarie vasgetrek ná hy derduisende liters melk met ‘n onkruiddoder vergiftig het.

Andries Stoffels (37) het glo die middel Gramoxone, ook bekend as parakwat, in ’n melktenk op ’n plaas in Riversdal gegooi, berig Netwerk24 . Die melk het daarna ’n blou kleur gekry.

Kapt. Malcolm Pojie het Vrydag die voorval, wat op 7 Februarie gebeur het, bevestig.

“Hy het die gif in ’n tenk met omtrent 5000 liter melk gegooi,” het Pojie gesê.

“Hy word aangekla van opsetlike saakbeskadiging.”

Die gif is glo dodelik as mense dit inkry en daar is geen behandeling daarvoor nie.

Stoffels moet weer op 31 Maart in die landdroshof verskyn.