Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê mediese werkers het hulle na die toneel gehaas en afgekom op die senior burger wat langs haar beskadigde skoeter staan terwyl die man uitgestrek langs die pad lê.

“Paramedici het albei pasiënte ondersoek en bevind die man het ernstige beserings opgedoen, terwyl die vrou met slegs geringe beserings daarvan afgekom het,” sê hy.

“ER24-paramedici het die pasiënte behandel en die man van gevorderde lewensondersteunende ingrypings voorsien.

“Nadat hulle behandel is, is altwee pasiënte na die RK Khan-hospitaal vervoer vir dringende behandeling. Volgens berig het die man nie die aankomende bromponie gesien toe hy oor die pad hardloop nie.”

Russel sê lede van die publiek het die man glo na die kant van die pad getrek.

Bron: News24