[caption id="attachment_145292" align="aligncenter" width="600"]Dr. Arius saam met die ontvangsdame, Ronel. Foto: Verskaf Dr. Arius saam met die ontvangsdame, Ronel. Foto: Verskaf[/caption]

Dít is wat ’n veearts van Mosselbaai aan diereliefhebbers bewys het toe een van sy kliënte met ’n buitengewone pasiënt daar aankom.

“Die ontvangsdame Ronel Barnard van die Mosselbaaise dierehospitaal het ’n oproep ontvang van ’n angebvange vrou wat sê daar sit ’n klip in haar vissie se keel vas,” verduidelik ’n veaarts van daar, Dr. Arius Fockema.

Die vrou het glo als probeer om die die klip uit arme Rocky te kry, maar het toe noodgedwonge na die hospitaal gegaan om mediese hulp vir hom te kry.

“Die vissie het hier aangekom in ’n plastieksak vol water. Ek moet eintlik al die pypies en spuite weggooi, maar ek is so bietjie van ’n opgaarder,” skerts Arius.

Hy het dadelik op sy voete gedink en ’n klipsuier aanmekaargeslaan om die vissie uit sy penarie te red.

Arius het met die pypie oor die vis se mond die klip uitgesuig. Tot almal se verbasing was dit ’n baie groot klip; amper grooter as die arme vis!

“Almal was verheug toe die klein diertjie dit oorleef het,” voeg Arius by.

Dit wil gedoen wees, dokter!