Elf vroue in hul vroeë twintigs en ses mans tussen 19 en 42 is by die huis in die ou myndorp gevind nadat ’n vrou Dinsdagaand weggekom en die polisie oor ’n beweerde bordeel ingelig het.

Die vrou wat vir die polisie die wenk gegee het, is na ’n plek van veiligheid gebring.

Dié 17 word in die gesig gestaar deur aanklagtes van beweerde oortreding van die wet op seksuele misdrywe en wette wat geskep is om mensehandel te voorkom.

Bron: News24