Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34) word daarvan aangekla dat hulle ’n tienerseun, Mathomola Moshoeu (16), se dood veroorsaak het nadat hy glo sonneblomme gesteel het.

Hulle het beweer hy het van hul bewegende bakkie afgespring en sy nek gebreek. ’n Ooggetuie beweer egter dat die tiener van die voertuig afgegooi is. Vroeër Maandagoggend het van die inwoners gedreig om na die plaas te gaan en dit af te brand. Intussen is 'n plaashuis (nie dié van die twee boere nie) aan die brand gesteek.

 

Joernaliste en fotograwe het ook deurgeloop.

Vroeër

Daar was reeds vanaf Sondag ’n sterk polisieteenwoordigheid op Coligny ter voorbereiding van die hofverrigtinge vandag.

Die dorp is aan die einde van April feitlik in puin gelê toe van die inwoners geweldige skade aan die infrastruktuur aangerig het.