Die kitskosreus Pizza Hut en die videospeletjiemaatskappy Xbox 360 het ’n vennootskap bekendgemaak waarvolgens spelers in die VSA ’n pizza van hul Xbox kan bestel.

Dié veldtog is so reg in die kraal van die oorwegend jong, manlike Xbox-gehoor, wat nou pizza sal kan bestel sonder dat hulle hul speeltyd onderbreek.

Die toepassing moet eers afgelaai word, waarna ’n gebruiker se Xbox Live-rekening met sy Pizza Hut-rekening gekoppel word.

-Nuus24