[caption id="attachment_69393" align="aligncenter" width="478"]Edgar het ’n fooitjie van R11 000 gekry toe hy pizza by die Oscars gaan aflewer het. Foto: Twitter Edgar het ’n fooitjie van R11 000 gekry toe hy pizza by die Oscars gaan aflewer het. Foto: Twitter[/caption]

Die man wat die sterre se hongerpyne by die Oscars gestil het, het ’n lekker beloning gekry: ’n fooitjie van R11 000 by vanjaar se gasvrou, Ellen DeGeneres.

Ellen en nog ’n paar topsterre het tot die gelukkige pizza-afleweraar se fooi bygedra.

Edgar Martirosyan het Maandag sy beloning gekry tydens ’n besoek aan The Ellen DeGeneres Show.

Volgens Ellen het sy kollekte opgeneem met Pharrell Williams se hoed; dit het sowat R6 600 beloop. Die res het sy self bygedra.

Edgar, wat by die pizza-eetplek Big Mama’s & Papa’s werk, sê sy grootste beloning was om Julia Roberts te kon bedien; hy verwys na haar as “my droomvrou”.

Ellen het self goeie nuus ná die Oscar-prysaand gekry: Volgens haar geselsprogram se vervaardiger, Telepictures Productions, was die kykertal Maandag (die dag ná die prysaand) se aflewering die hoogste in die program se geskiedenis.

[caption id="attachment_69394" align="aligncenter" width="600"]Kyk net hoe lekker smul die sterre aan hul pizza by die Oscars. Foto: Twitter Kyk net hoe lekker smul die sterre aan hul pizza by die Oscars. Foto: Twitter[/caption]