Die sterre het oor die jare op baie van dieselfde projekte gebie en Brad onthul hy het George onlangs geklop om die Law of the Jungle-rolprentregte syne te maak.

“Hy het hoër gebie as ek in die geval van Argo,” vertel Brad aan die New York Magazine. “Ja, dit kan mededingend raak. Ons smaak en belangstellings stem baie ooreen.”

Brad het hoër gebie as George om die regte van die rolprent The Big Short, gegrond op Michael Lewis se gelyknamige boek. Dit gaan oor die finansiële probleme wat gelei het tot die wêreldwye ekonomiese insinking in 2007-’08.

“Ek dink ek het moontlik die oorhand gekry op die veiling omdat ek en Michael Lewis bevriend geraak het tydens die rolprent Moneyball (in 2011),” verduidelik hy. Die bofbalprent was ook uit een van die skrywer se niefiksie-boeke aangepas.

Brad (51) verskyn teenoor Christian Bale, Steve Carell en Ryan Gosling in The Big Short en hy onthul hy is aangemoedig om ’n leidende rol te speel ten einde te verseker die rolprent word gefinansier.

“Dis ingewikkelde materiaal; dis ’n waagstuk,” voeg hy by. “Hulle het altyd die een of ander waarborg nodig. Ek spring dikwels in en aanvaar ’n rol omdat ek van die projek hou en kom aan boord om te verseker dit word vervaardig.”

The Big Short is nie die enigste rolprent waar Brad op die skerm verskyn het om te sorg die projek word vervaardig nie – die Hollywood-ster het ook sy steun aan die bekroonde rolprent 12 Years A Slave toegesê. Hy het hierin net ’n klein rol vertolk.

Die akteur Chiwetel Ejiofor het Brad tevore geprys vir sy pogings agter die skerms.

“Ek dink werklik nie ons sou hierdie rolprent sonder Brad Pitt kon vervaardig nie, oor dit wat hy saambring,” het hy in 2013 gesê.

“Dus: die feit dat hy aan boord gekom het en die feit dat hy ’n regisseur is, het die hele verandering aan die rolprent gemaak. Dit wys jou net wat ’n enkeling kan doen as hy daardie soort trefkrag het en hy is bereid om dit te gebruik om rolprentvervaardigers te steun. Ek is diep dankbaar teenoor hom dat hy toegelaat het dat hierdie rolprent vervaardig word.”

© Cover Media