Die hooggeregshof het Dinsdag gehoor Reeva Steenkamp se ma, June, het ’n betaling van R375 000 van Oscar weggewys as “bloedgeld”.

[caption id="attachment_83525" align="alignnone" width="620"]Oscar Pistorius gesels met sy oom, Arnold. (Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Sapa) Oscar Pistorius gesels met sy oom, Arnold. (Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Sapa)[/caption]

“Die weergawe wat mnr. (Gerrie) Nel rakende die betalings in die hof voorgelê het, is nie akkuraat nie,” het Anneliese Burgess gesê.

“Die verdedigingspan sal môre ’n verklaring aan die hof gee rakende die akkurate weergawe.”

Anneliese het nie nog besonderhede verskaf nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag gehoor Reeva se ma, June, het ’n betaling van R375 000 van Oscar weggewys as “bloedgeld”.

“Sy verwerp dit; sy soek nie bloedgeld nie,” het die aanklaer, Gerrie Nel, tydens kruisondervraging aan die maatskaplike werker en toesigbeampte Annette Vergeer gesê.

Annette het vroeër haar verslag oor Oscar aan die hof voorgelê. Die verdediging het haar betaal om dit saam te stel.

In die verslag het sy voorgestel dat Oscar drie jaar korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens vir strafbare manslag opgelê word.

Gerrie het aan Annette gesê Oscar het R375 000 gekry toe hy sy motor verkoop. Dit is in die Steenkamp-egpaar se prokureur se trust betaal.

Ná die hofverrigtinge het hul prokureur, Dup du Bruyn, aan verslaggewers gesê dat Oscar 18 maande lank R6 000 per maand aan Reeva se ouers betaal het omdat hulle die geld nodig het “om aan die lewe te bly”.

“Hulle het die geld nodig gehad, hulle moes aan die lewe bly, maar hulle sal die geld terugbetaal,” het Dup gesê.

“Toe hy die geld aanvanklik aanbied, het hulle dit aanvaar omdat hulle aan die lewe moes bly, maar hulle sal dit nou terugbetaal. Toe hy die geld aan hulle begin betaal, wou die Steenkamp-egpaar dit bekendmaak, maar mnr. Pistorius wou dit stilhou.”

Dup het gesê die maandelikse betalings het in Maart verlede jaar begin en die laaste betaling is in September gemaak.

Hy het gesê planne vir siviele eise teen Oscar is ook laat vaar omdat June en haar man, Barry, afsluiting gesoek het.

“Mnr. en mev. Steenkamp soek nie geld nie. Die aanbod is gemaak en dit is van die hand gewys,” het Dup gesê.

“Daar sal nie ’n siviele saak wees nie. Hulle soek afsluiting en wil hê dit moet verby wees.”

Hy het gesê hy het sekere ooreenkomste gesluit, maar wou nie daarop uitbrei nie.

- Sapa