Sy het ’n goeie kans om die boudjies-van-die-jaar-prys los te slaan, haar aanhangers het 9 September tot Pippa-sitvlakwaarderingsdag verklaar en ’n rolprentvervaardiger in die pornobedryf het haar meer as R30 miljoen aangebied om in ’n klein toneeltjie in een van sy flieks te verskyn.

Ja-nee, dit lyk of die hele wêreld versot is op Pippa. Sedert sy op 29 April in haar Alexander McQueen-strooimeisierok uit die motor geklim het, het Philippa Middleton internasionale roem verwerf. Mense kan eenvoudig nie genoeg van haar kry nie.

Met dié dat Catherine nou saam met prins William huis opsit en vir eers met rus gelaat sal word, is Pippa die Middleton-suster wie se naam op almal se lippe is.

Lees meer in die Huisgenoot van 19 Mei. 

Volg Huisgenoot op Twitter.