Dit lyk asof Harry nie volgende in die binnekring van die koninklikes gaan wees wat in die kerkpaadjie af stap nie.

Pippa het dit geniet om Kate na die kansel te sien stap, en nou is dit haar beurt vir ’n sprokiestroue, het ’n bron aan die koerant gesê. “Sy kan nie meer oortuig wees daarvan dat Nico die regte man vir haar is nie. Hulle pas uitstekend by mekaar en hul familie kom goed oor die weg. Almal is so bly vir Pippa.’’

Pippa (29) en Nico (35), wat al sowat ses maande uitgaan, sal na bewering vroeg volgende jaar trou.

Daar word beweer dat die verlowing ná Pippa se 30ste verjaardag op Vrydag volgende week bekendgemaak gaan word.

Die hertogin van Cambridge se suster, wat die ongelooflik onbruikbare boek Celebrate: A Year of Festivities for Families and Friends, geskryf het, beplan glo die onthaal by haar ouers se huis in Bucklebury, Wes-Berkshire.