Die suster van die hertogin van Cambridge is nog nie aan Nico verloof nie, maar sy glo hy is die man vir haar.

’n Bron het aan Daily Mail gesê: “’n Troue in Londen sal natuurlik nooit by haar suster Kate s’n kan kers vashou nie, en die vooruitsig om ’n markiestent by haar ouers se huis in Bucklebury te laat opslaan vir die onthaal ná die diens, is deesdae te eenvoudig na haar smaak.”

Die 30-jarige en haar kêrel het twee weke gelede met ’n goedkoop lugredery van Skotland na Londen gevlieg en die twee sal vermoedelik binnekort na Noord-Engeland terugkeer en na trouplekke soek.

Nog ’n bron het gesê: “Daar is sprake dat Pippa op haar volgende besoek aan Skotland geskikte trouplekke sal soek. Nico is ook dol oor die land. Hy dink dit is pragtig. Maar die troubeplanning sal hy aan Pippa oorlaat; hy sal inval by wat sy ook al wil hê, en wat sy op die oomblik wil hê, is ’n troue in die Skotse Hooglande.

“Nico sal hou van ’n wittebrood in die Karibiese streek en ’n lekker ramparty.”