Dit voel of ons byna vir jare gewag het, maar die dag het uiteindelik aangebreek.

Die Amerikaanse sangeres Pink het Vrydag geboorte geskenk aan ‘n gesonde babadogtertjie.

Die nuus is vir die eerste keer Vrydagoggend omstreeks 06:00 (SA tyd) deur Pink op Twitter aangekondig.

“Ons is baie opgewonde om ons nuwe beeldskone, gesonde en gelukkige babadogtertjie, Willow Sage Hart, in die wêreld te verwelkom. Sy’s pragtig, net soos haar pa,” het Pink getweet.

Alle voorspoed aan die paartjie en hulle nuweling.

Volg Huisgenoot op Twitter.