“As jy meer ervaring op ’n fiets as my man het, sal ek na jou opinies luister oor hoe hy met my dogter moet ry,” het die Grammy-wenner aan haar sowat 20 miljoen aanhangers gesê. “Ek kan nie belowe dat ek my daaraan sal steur nie, maar ek sal nietemin luister.”

carey hart

Carey, ’n afgetrede beroepsmotorfietsjaer, het by die foto’s geskryf: “Ek wag al baie lank vir dié dag. Willz het vandag vir haar eerste rit op my motorfiets gegaan. Sy was die hele tyd baie opgewonde. Toe ons stop, het sy my ’n groot drukkie gegee en gesê: ‘Dit was pret, dankie, Pappa.’ Dis my dogter.”

Wat dink jy – was Carey reg of verkeerd?