’n Australiese Pink-bewonderaar het ’n tatoe van sy Pink-handtekening laat maak.

Die sanger van die treffer So What het tydens ’n vertoning haar handtekening op die gewrig van een van haar grootste bewonderaars gemaak, wat dit kort daarna in ’n tatoe laat omskep het.

Die onbekende bewonderaar, wat onder die naam AustralianPinkFans twiet, het ’n foto van waar hy in die middel van ’n liedjie die handtekening kry aan sy heldin getwiet en geskryf: “@Pink dankie dat jy my droom in Perth waar gemaak het! Mal oor my tatt!#FanBoy xo”

Pink het die boodskap hertwiet en by die foto geskryf, “noooiiiiiiiiice:)” waaroor haar bewonderaar in die wolke was.

AustralianPinkFans het toe ’n klomp boodskappe getwiet en geskryf: “SY HET MY GETWIET OMGOMG AHHH. Ek gaan beslis vanaand Pink-drome hê. Liefde & lig xx”

Die Twittergebruiker Sofie H het toe aan AustralianPinkFans getwiet, “wow. Hier die jong man sal nooit weer daardie arm was nie. Lol. Pink, jy’s ’n wonderlike rolmodel.”

Hy het geantwoord: “Ek het dit laat tattoe! Was 3 X by P!nk en het die afspraak vooraf gemaak! #vasbeslote.”

Pink is toer in Australië met The Truth About Love Tour. Sy het gister (Woensdag) in Sydney opgetree.