Die bestuurder, ’n 23-jarige Swazilandse burger, is Vrydag in hegtenis geneem op verskeie aanklagte wat wissel van strafbare manslag tot roekelose en nalatige bestuur.

Die ongeluk het gebeur toe die vragmotor Donderdag kort voor 19:00 op die hoek van Fields Hill (M13) en Richmondweg op Pinetown vier vol minibustaxi’s en ’n Volkswagen Golf tref.

Willies Mchunu, die bestuurshoof van KwaZulu-Natal se vervoerdepartement, sê vragmotorbestuurders op pad na Durban probeer dikwels die tolgeld vermy sodat hulle die geld in hul sak kan steek.

“Ons vermoed dis wat hier gebeur het,” sê hy.

- SAPA

Foto: Karin Beil on Flickr