Drie maande gelede kon Mossie Mostert van Springs nie meer self bad nie. Sy vrou, Carine, moes sy kos vir hom sny, hy het gestik wanneer hy eet en snags sy kussing natgekwyl.

Die eens forse man wat nou moes borslap dra en skaars kon praat, het gehunker na die dae toe hy nog in die tuin kon werskaf en in die kerkkoor sing.

Toe gebeur die wonder. ’n Doodgewone slaappil het dit skielik alles teruggegee aan dié lyer aan motorneuronsiekte (MNS).

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.