Maar nee. "Ek is mos maar 'n skaam en teruggetrokke ou," vertel hy laggend. "Dit was omtrent 'n storie om al daardie hande en bene op die regte plek te kry!"

Pieter se nuwe snit bou voort op die sukses van sy voetjeuklekker-treffers soos Skud jou Biscuit, Tattoo en 3 Susters waarvoor hy soveel bekendheid verwerf het.

Hy beskryf Boobs, Boude en Bene as 'n country-liedjie met 'n ligte pop-aanslag wat glo die potensiaal het om 'n lekker saamsing-danstreffer te word. "Omdat dit juis nie 'n swaar en ernstige liedjie is nie en die koor jou dwing om saam te sing, sal jy ook nie anders kan as om te wil dans nie," sĂȘ hy.

Wel, besluit jy maar self! Kyk hier na die splinternuwe musiekvideo vir Pieter se treffer: