Die Springbokrugbyspeler Pierre Spies word weer pa!

Hy het pas op Twitter laat hoor sy en vroulief, Juanné Spies, se tweede seun word vandag gebore.

[caption id="attachment_70674" align="aligncenter" width="600"]Foto: @Pierrespies8 op  Twitter Foto: @Pierrespies8 op Twitter [/caption]

“Dit gebeur nou…ons tweede seun word nou gebore,” het Pierre saam met ’n foto van hom gedeel.

Die Bloubul-kaptein is tans langs die kantlyn met ’n beseerde armspier en sal ’n groot deel van vanjaar se Superrugby-toernooi moet misloop.

Ons hoop sy arm is nie té seer om die nuwe pienkvoet vas te hou nie!