Charlotte (41), wie se ma, die Australiese aktrise Cassandra Harris, en ouma aan dieselfde siekte dood is, is op 28 Junie in Londen oorlede. Sy laat haar man, Alex Smith, en twee kinders, Isabella (14) en Lucas (8), agter. Pierce (60) het aan People.com gesê: “Op 28 Junie om 14:00 het my geliefde dogter, Charlotte Emily, weens eierstokkanker die tydelike met die ewige verwissel. Haar man, Alex, kinders en broers was by haar. “Charlotte het die stryd teen kanker met grasie, moed en waardigheid hanteer. Ons harte is swaar ná die verlies van ons pragtige, geliefde meisie. Ons bid vir haar en ook dat daar binnekort ’n kuur sal wees vir hierdie verskriklike siekte. Ons bedank almal vir hul opregte blyke van meegevoel.” Pierce het Charlotte en haar broer Christopher, die kinders van sy eerste vrou, Cassandra, aangeneem nadat hul pa, Dermot Harris, in 1986 oorlede is. Sy en Cassandra se seun, Sean, is in 1983 gebore. In 2001 is Pierce met die joernalis Keely Shaye Smith (49) getroud. Die egpaar het twee kinders: Dylan (16) en Paris (12).