Die hele gedoente is vasgevang op ’n veiligheidskamera wat deur Jewel se baas, David Hernandez, opgestel is om 'n ogie te kan hou oor die bere wat voortdurend skade op sy eiendom aanrig.

Toe twee bere helder oordag houtgerus hul verskyning in die tuin maak, het Jewels besluit tot hiertoe en nie verder nie. Sy het die twee kwaaddoeners – wat vyf keer so groot is soos sy – sonder aarseling bestorm en geblaf totdat hulle ewe verleë die aftog moes blaas.

Benewens al die happies wat sy kon inkry, is Jewels met ’n lekker bad beloon vir haar onverskrokke optrede.