Maar as jy die diamant, bekend as die Pink Star, joune wil maak, moet jy nou al jou bankbestuurder bel. Na raming gaan die steen van 59,6 karaat die R640 miljoen-kerf op die veiling verbysteek, berig dailymail.co.uk.

Indien dit dié bedrag op 13 November behaal, sal dit een van die duurste diamante ter wêreld word en die vorige wêreldrekordbedrag vir ’n pienk diamant – rondom R464 miljoen – lag-lag oortref.

“Dit is moeilik om die skaarsheid te oordryf van pienk diamante, wat gewoonlik rondom vyf karaat weeg,” sê David Bennett, woordvoerder van Sotheby’s, wat die veiling op 13 November in Genève, Switserland, behartig.

“Daarom is dié 59,6-karaat-steen werklik merkwaardig. Ek glo dit is een van die wêreld se grootste natuurlike skatte.”

– Christiaan Boonzaier

In hierdie video vertel David Bennett van Sotheby's waarom dié diamant so uitsonderlik is: