Philip is in Februarie vanjaar dood in sy woonstel aangetref nadat hy aan ’n oordosis heroïen geneem het. Luidens hofdokumente erf sy lewensmaat, Mimi O’Donnell, alles, berig Salon.com.

Die New York Post berig ook Philip se regsverteenwordiger, James Cahill, het onlangs met Philip se rekenmeester, David Friedman, gekonsulteer en opgemerk dat David gesprekke met Philip onthou waarin die akteur dit duidelik maak dat hy nie trustfondse vir sy kinders wil stig nie. Hy het drie kinders, Cooper (10), Tallulah (7) en Willa (5).

Een van sy enigste wense is glo dat sy kinders nie in Hollywood grootgemaak word nie, maar eerder in Chicago of New York. Hollywood Life het ook vroeër berig Philip wou hê sy kinders moet op enige plek eerder as Los Angeles grootword.

Bronne: New York Post, Salon.com, Hollywood Life