Meer oor haar is nie bekend nie, want sy wil uit die openbare oog bly.

In Februarie vanjaar het Philip ’n foto van hulle in die wynkelder by die Blou Hond op Facebook geplaas. “Ek en my liefling (sjoe, sy is stunning) in die wynkelder @ Die Blou Hond voor die Adam Tas-konsert,” skryf hy daarby.

Vroeër in ’n onderhoud met die tydskrif Intiem het Philip gesê sy raad aan mense in ’n huwelik wat eindig, is om te vergewe, nie sleg te praat nie, vir mekaar te bid en mekaar vry te spreek.

Hy voel sterk oor laasgenoemde omdat dit die gesondste opsie vir liggaam en siel is en vertroosting, genesing, vryheid en vrede bring.

“As ek trou, sal ek met dié kennis vir my maat vra: ‘Sal jy omgee dat ons beste vriende is, mekaar sal respekteer en altyd na God sal gaan as ons aan die einde van ons eie raad kom? Sal jy asseblief, met hierdie drie ooreenkomste in plek, die pad saam met my stap? Ek kan nie wag nie, ek sien baie uit daarna om bogenoemde toe te pas en te mag beleef!’ ” het hy toe gesê.

Ander stories op Huisgenoot.com

Tienermeisie sterf in hangmat-fratsongeluk

Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing

Leanne Manas lewer roerende huldeblyk aan Vuyo Mbuli drie jaar ná skokdood

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Kyk: Barmhartige Samaritane trotseer vlamme om man van gewisse dood te red