Motoriste moet weer regmaak vir ’n petrolprysverhoging van tussen 70c/L en 80c/L in April, het die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) Woensdag gesê.

Indien die rand- en oliepryse hul huidige vlakke handhaaf, kan die brandstofprys in April met 41c/L toeneem, het Ian Cruickshanks, hoofekonoom van die IRV, gewaarsku.

Dit sal saamval met die verhoging in die brandstofheffing van 30c/L wat ook in April inskop.

“Dit beteken motoriste kan tussen 70c/L en 80c/L meer vir brandstof betaal.”

Lees ook: Ons maak dit maklik – só raak die begrotingsrede jou bankbalans

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het verlede week ’n verhoging van tussen 31c/L en 35c/L bykomend tot die 30c/L-brandstofheffingverhoging voorspel. Dit beteken ’n 61c/L-verhoging in die petrolprys.

“Hoewel die gemiddelde wisselkoers tussen die rand en Amerikaanse dollar aanhou versterk sedert die begin van die maand, is die positiewe faktor oortref deur die hernude styging in oliepryse,” sê die AA.

“Saam met verdere rentekoersverhogings wat die SA Reserwebank aangekondig het, sal motoriste se begrotings volgende maand onder hernude druk wees.”

Lees ook: Só vermy jy kaartmisdadigers se skelmstreke

Ian sê die verhoging plaas nog druk op huishoudings wat reeds finansieel swaar trek en kop bo water probeer hou met die rentekoersverhoging wat die repokoers tot sewe persent per jaar laat styg het.

Boonop het die huidige droogte voedselinflasie beïnvloed en die Suid-Afrikaanse Oesskattingskomitee raam dat daar drie miljoen ton minder mielies in 2016 geoes sal word.

Aartappelpryse het byvoorbeeld rekordhoë bedrae bereik en Ian sê dit het die “volle impak van die droogte tuisgebring”.

Bron: Fin24

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Vrou praat oor Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek’t nie geweet hoe om mense te help nie’

Fotograaf praat oor die oomblik toe leeus sy GoPro-kamera steel en selfies begin neem!

Suid-Afrika ‘nie immuun teen terreur’

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies

Kyk: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek