Die AA (Automobile Association) van Suid-Afrika het dié voorspelling gemaak op grond van die voorlopige data wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

Op die oomblik lyk dit asof die petrolprys met tussen 8 en 10 sent per liter gaan styg, diesel met ongeveer 8 sent per liter en paraffien met ongeveer 10 sent per liter.

Die AA het gesê die waarskynlike styging kan toegskryf word aan die hoër wisselkoers van die Rand teenoor die Amerikaanse dollar in die eerste helfte van die maand, gevolg deur ’n internasionale toename in petroleum-pryse in die tweede helfte van die maand.

Maak seker jy kom verder met jou brandstoftenk. Kry hier wenke vir hoe om dit te doen.

Suzaan Hauman