, het Paul Mashatile, die minister van kuns en kultuur, gister gesê.

“Die groep wil die beeldjie gebruik om aandag te vestig op die benarde toestand van biljoene hase en ander diere wat vir hul pels geslag word, in gedwonge arbeid gebruik word of in kettings aangehou word en wat onskuldig is, maar aangehou word en die kans op vryheid ontneem word,” het hy in ’n verklaring gesê.

Mense vir die Etiese Behandeling van Diere (Peta) het aan Mashatile geskryf en gevra die hasie moet aan die groep geskenk word.

Peta se mededirekteur Mimi Bekhechi het in die brief geskryf: “Soos ons almal weet, was Mandela ’n man wat sy lewe gewaag het om die vryheid van ander te bepleit.

“Mandela was besorg oor wreedheid teenoor diere. Hy was ’n weldoener van die Nasionale Raad vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere . . . dit sal vir ons ’n groot eer wees om die brons hasie, dieselfde dier wat trots oor Peta se kenteken spring, te gebruik om hulde te bring aan Mandela se visie van ’n vreedsamer, vriendeliker wêreld.”

Die beeldhouers van die standbeeld van Mandela wat onlangs by die Uniegebou in Pretoria onthul is, het vandeesweek om verskoning gevra oor hulle in die geheim ’n hasie by die standbeeld gevoeg het. Dis in die standbeeld se oor geplaas.

Die departement van kuns en kultuur sê hulle aanvaar hul verskoning en dat hul bedoeling edel was.

’n Woordvoerder van die departement, Josias Pila, sê hulle sou ’n toepasliker kunstenaarsmerk verkies het en dat die departement tans oorweeg hoe om die beeld se “integriteit te behou” sonder dat dit beskadig word.

André Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren, die beeldhouers van die nege meter hoë brons beeld, het gesê die hasie was ’n “kentekentjie” van hul werk omdat die departement nie wou toelaat dat hulle hul handtekening op die beeld se broekspyp graveer nie.

Dali Tambo, die hoof uitvoerende beampte van Koketso Growth, die maatskappy wat gekontrakteer is om die beeld te skep, het Woensdag gesê die toevoeging van die hasie was ’n jammerte.

Tambo sê die kunstenaars is ná ’n vergadering met die regering se standbeeld se reëlingskomitee opdrag gegee geen merke, ook nie handtekeninge, sou op die oppervlak van die brons standbeeld aangebring word nie.

Die name van die kunstenaars sou op plaatjies gedruk word, wat nog in die area rondom die beeld aangebring moet word.

President Jacob Zuma het die standbeeld op 16 Desember, die dag ná Mandela se begrafnis, onthul as deel van die jaarlikse Versoeningsdagviering en die honderdjarige herdenking van die Uniegebou. – Sapa