Die verdwyning van Malaysian Air-vlug #MH370 is nou nog een van die grootste onopgeloste raaisels ooit. Wat het werklik tydens daardie gedoemde vlug van Saterdag, 8 Maart 2014 vanaf Kuala Lumpur na Beijing, gebeur?

Samesweringsteorieë het in verskeie windrigtings gespaander: gerugte van ’n terreuraanval of selfs doelbewuste optrede deur een van die vlieëniers het telkens die ronde gedoen.

239 mense was op die vlug. Honderde meer se lewens is onherroeplik daardeur geraak. Miljoene rande is aan desperate soektogte, selfs maande nadat die vliegtuig spoorloos van die radar verdwyn het, spandeer.

Dié infografika verduidelik meer oor die vlug wat nooit arriveer het nie.

In Maart vanjaar is verskeie wrakstukke aan die Mosambiekse kus gevind, soortgelyk aan die van ’n Boeing 777, dieselfde kategorie as Malaysia Air #MH370.

Ander wrakstukke is naby Mosselbaai gevind. Voor dit is daar verbrokkelde stukke van onder meer ’n vliegtuigvlerk op die eilande Madagaskar en Reunion gevind.

Nou het ’n Amerikaanse regsgeleerde, Blaine Gibson, foto’s van 20 items op die webwerf Air Crash Support Group Australia gedeel met die hoop dat familielede van passasiers op die gedoemde vlug dalk van die items sal herken.

Hy het die items vroeër vandeesmaand op Riake-strand op die eiland Nosy Boraha naby Madagaskar gevind.

[caption id="attachment_129474" align="aligncenter" width="600"]Cyriac Tiana met wat moontlik 'n kamerasakkie kan wees. Foto: Aircrash Support Group Australia Cyriac Tiana met wat moontlik 'n kamerasakkie kan wees. Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Het hierdie Angry Birds-rugsak dalk aan een van die passasiers behoort?

[caption id="attachment_129473" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

’n Tagiya (gebedshoedjie) is ook op die strand gevind.

370 gebedshoedjie
Is dit moontlik ’n dameshandsak?

[caption id="attachment_129476" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Die reissak is ook op die eiland gevind.

[caption id="attachment_129477" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Oorblyfsels van ’n plakkie:

[caption id="attachment_129479" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Dit kon moontlik ook ’n kamerasakkie gewees het.

[caption id="attachment_129481" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Op dié skootrekenaarsak verskyn die woord “Mensa”.

[caption id="attachment_129480" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]

Wie het laaste hierdie sak vasgehou?

[caption id="attachment_129478" align="aligncenter" width="600"]Foto: Aircrash Support Group Australia Foto: Air Crash Support Group Australia[/caption]