’n Vakansie vir een gelukkige hond is te koop vir meer as R720 000.

Die hond sal twee weke se ’n luukse verblyf by die weelderige hondehotel The Paws Seasons geniet, waar hy bederf sal word met spabehandelings, manikure, pedikure en ’n persoonlike sjef, wat heerlike eetgoed sal berei.

Die hond kan ook hondverwante flieks kyk, soos 101 Dalmatians en Lassie, en die kans kry om te gaan hardloop saam met die Olimpiese hekkiesatleet Dai Greene. Daarna word hulle bederf met ’n sessie met Stan Rawlinson, ’n kenner in dieregedrag.

Die hond kry ook ’n huis wat presies nes hul eienaar s’n lyk. Die pakket is beskikbaar by VeryFirstTo.com.