Adam Levine

Hier is ’n lys hartebrekers wat onlangs as People se sexyste man aangewys is.

2012: Channing Tatum

Channing Tatum

As jy nie ’n aanhanger van die sexy Channing was nie, het die fliek Magic Mike jou dalk van plan laat verander. As jy dit nog nie gesien het nie, bel dadelik jou vriendinne en kyk dit saam. Dis hope pret!

2011: Bradley Cooper

Bradley Cooper

Daai glimlag, die blou oë en sonbruinlyf; Bradley Cooper het die titel in 2011 lag-lag gewen.

2010: Ryan Reynolds

Ryan Reynolds

Die 37-jarige akteur het Alanis Morisette, Scarlett Johansson, Blake Lively en talle bewonderaars wêreldwyd se knieë lam gemaak. Sexy verby!

2009: Johnny Depp

Johnny Depp

Hy is snaaks, vrygewig en slim. Daar is geen sexier seerower as Johnny Depp nie.

-Faiza Mallick

Bron: people.com