’n Pensioenaris het verdrink nadat hy met sy geëlektrifiseerde rolstoel in sy swembad ingery het.

Luidens ’n verklaring deur ondersoekbeamptes in Manatee is Douglas Lesch Woensdag dood verklaar.

Die polisie het gesê sy vrou het hom in die swembad aangetref en sy kon hom tot by die trap help, maar hom nie uit die water kry nie.

Die slagoffer het aan verskeie siektes gely wat meegebring het dat hy aan die rolstoel gekluister was.

Niemand weet nog waarom hy blykbaar doelbewus met sy rolstoel in die swembad ingery het nie.