Die Umpetha-toekenning vir die beste advertensie in ? inheemse taal behalwe Afrikaans word gedeel deur Ogilvy & Mather, Johannesburg, vir sy radio-advertensie vir KFC, Slyza Tsotsi 3 en The Odd Number, ook vir ’n radio-advertensie Umsebenzi vir BBC Brit. Albei advertensies is in Zoeloe.

Die Prestige-toekenning en die Umpetha-toekenning behels elkeen ? oorsese studiereis ter waarde van R100 000.

Met hul inskrywing Die water is perfek! in die kategorie Geïntegreerde Veldtog, het Carina Bonse en Gabi van Niekerk van Red & Yellow School of Logic and Magic in Kaapstad nie net met die enigste goue Pendoring in die studente-kategorie weggestap nie; hulle is ook as die algehele wenners in die studentekategorie bekroon.

Die 2016 Pendoring-wenners is Vrydagaand, 28 Oktober 2016, tydens ’n glansgeleentheid by Vodacom World in Midrand aangekondig.

Meer oor die Pendoring-toekennings

Die Pendoring-reklametoekennings is in 1995 deur al die toonaangewende Afrikaanse mediarolspelers in die lewe geroep om uitmuntende Afrikaanse reklame te erken en te bekroon.In dié opsig het Pendoring sedert sy totstandkoming in ‘n gesogte geleentheid op die reklamekalender ontwikkel met aansienlike kontantpryse vir wenners, R10 000-kontantprys vir die die algehele studentewenner en ‘n oorsese studiereis ter waarde van R100 000 vir die wenner van die Prestigetoekenning.

Baie geluk aan al die wenners!

Prestige-wenner en goue wenner in die kategorie Geïntegreerde Veldtog

Elke woord is ’n meesterstuk deur die King James Group vir Sanlam Musiekfees

Hulle het ook goud gewen in die kategorieë Lewende gebeurtenisse & Aktiverings en Geïntegreerde veldtog en silwer in die kategorieë Video en rolprent nie vir algemene/openbare uitsending nie en vir Vernuf: Redigering

Umpetha-wenners

Ogilvy & Mather, Johannesburg vir hul radio-advertensie Slyza Tsotsi 3 wat vir KFC gemaak is. Hulle het goud gewen in die radiokategorie.

The Odd Number vir hul radio-advertensie Umsebenzi wat vir BBC Brit gemaak is. Hulle het goud gewen in die radiokategorie.

Algehele studentewenner(s)

Die water is perfek! deur Carina Bonse en Gabi van Niekerk van Red & Yellow School of Logic and Magic, Kaapstad

Goue wenner in die Studentekategorie Geïntegreerde veldtog.

TV

1. Hierdie man bou ’n ruimtetuig deur Mullen Lowe, Kaapstad vir GWK

Silwer wenner in die kategorie Televisie/Rolprentteaterreklame (met ’n produksiebegroting bo R1 miljoen)

2. Afsê deur DPK vir Liedjie.com

Silwer wenner in die kategorie Televisie/Rolprentteaterreklame (met ’n produksiebegroting onder R1 miljoen)

3. Die celeb-jagter deur DPK vir Aardklop Nasionale Kunstefees

Silwer wenner in die kategorie Televisie/Rolprentteaterreklame (met ’n produksiebegroting onder R1 miljoen)

Video en Rolprent nie vir algemene/openbare uitsending nie

Elke woord is ’n meesterstuk (veldtog) deur King James Group vir Sanlam

Silwer wenner

Radio

1. Slyza Tsotsi 3 deur Ogilvy & Mather, Johannesburg vir KFC gemaak is.

Goue wenner

2. Umsebenzi deur The Odd Number vir BBC Brit.

Goue wenner

3. Lugtyd-oordrag (veldtog) deur FCB 1886 vir Cell C

Silwer wenner

4. A War of Words (veldtog) deur FCB, Johannesburg vir Netflorist

Silwer wenner

5. Bad Parts (Veldtog) deur FCB, Johannesburg vir Toyota

Silwer wenner

6. Multi Terrain “Directions” deur FCB, Johannesburg vir Lexus

Silwer wenner

7. Jan deur FCB, Kaapstad vir BMW Motorrad

Silwer wenner

8. Slyza Tsotsi 1 & Slyza Tsotsi 2 (Veldtog) deur Ogilvy & Mather, Johannesburg vir KFC

Silwer wenner

9. Street Movie Reviews (Veldtog) deur Ogilvy & Mather, Johannesburg vir MultiChoice DStv

Silwer wenner

10. Sterfbed deur DDB South Africa vir SABC TV-lisensies

Silwer wenner

11. Tronklied deur Joe Public vir One School at a Time

Silwer wenner

Koerantadvertensies

1. Hilux’tjie (veldtog) deur FCB, Johannesburg vir Toyota

Goue wenner

2. Menigte deur OpenCo vir die Apartheidmuseum

Silwer wenner

Tydskrifadvertensies

Loop voor jy jou vasloop (veldtog) deur Joe Public vir PNet

Silwer wenner

Plakkate

Flitskaarte (veldtog) deur Promise Brand Specialists vir CNA

Silwer wenner

Oorspronklik Afrikaans

Rampartytjie deur FCB, Johannesburg, vir Toyota

Silwer wenner

Kleinhandelkommunikasie

Verander haar deuntjie met ’n steentjie (veldtog) deur Ninety9Cents Communications vir Winhall & De Stadler Jewellers

Silwer wenner

Vernuf: Redigering

Die Mystic Boer deur King James Group vir Sanlam

Silwer wenner

Vernuf: Uitvoering

1. Slyza Tsotsi (veldtog) deur Ogilvy & Mather, Johannesburg vir KFC

Silwer wenner

2. Sterfbed deur DDB South Africa vir SABC TV-lisensies

Silwer wenner

Vernuf: Animasie

Hierdie man bou ’n ruimtetuig deur Mullen Lowe, Kaapstad vir GWK

Goue wenner

Vernuf: Produksie-ontwerp

Hierdie man bou ’n ruimtetuig deur Mullen Lowe, Kaapstad vir GWK

Goue wenner

Vernuf: Kopieskryf

1. Slyza Tsotsi (veldtog) deur Ogilvy & Mather, Johannesburg vir KFC

Goue wenner

2. Lugtyd-oordrag (Veldtog) deur FCB 1886 vir Cell C

Silwer wenner

3. A War of Words (veldtog) deur FCB, Johannesburg vir Netflorist

Silwer wenner

4. Stiller kajuit (veldtog) deur FCB 1886 vir Lexus

Silwer wenner

5. Vet uit die storie deur Joe Public vir Clover

Silwer wenner

Vernuf: Kunsleiding

Flitskaarte (veldtog) deur Promise Brand Specialists vir CAN

Silwer wenner

Vernuf: Musiek- & klankontwerp

A War of Words (veldtog) deur FCB, Johannesburg vir Netflorist

Silwer wenner

Kommunikasie-ontwerp

1. Ongemaklike stilte deur 34° vir Warwick Wines

Silwer wenner

2. Teaching Typefaces deur The Jupiter Drawing Room, Johannesburg vir Reddam House

Silwer wenner

Lewende gebeurtenisse & Aktiverings

Elke woord is ’n meesterstuk deur die King James Group vir Sanlam Musiekfees

Goue wenner

Geïntegreerde veldtog

Elke woord is ’n meesterstuk deur die King James Group vir Sanlam Musiekfees

Goue wenner

Studente – Gedrukte kommunikasie

1. Nou-nou deur Sarah Yeats van Stellenbosch Academy of Design and Photography

Silwer wenner

2. Tuisbesoek (veldtog) deur Hanno Koen en Jaco Louw van AAA School of Advertising, Kaapstad

Silwer wenner

Studente – Kommunikasie-ontwerp

1. Bakgat Baard Hoër se Baard Bybel deur Carel Pretorius, Ewald Verster en Lucia Petschnig van Stellenbosch Academy of Design and Photography

Silwer wenner

2. Breinmagnaat deur Marié Serfontein van Noordwes-Universiteit

Silwer wenner

3. TP vir bome deur Cheri Kustner, Helen Aadnesgaard en Gerhard Cronjé van Vega School of Brand Leadership, Johannesburg

Silwer wenner

Studente – Vernuf: Illustrasie

30 jaar van Suid-Afrika in illustrasie deur Lutho Mtyamde van AAA School of Advertising

Silwer wenner

Studente – Geïntegreerde veldtog

1. Die water is perfek! deur Carina Bonse en Gabi van Niekerk van Red & Yellow School of Logic and Magic

Goue wenner

2. Bakgat Baard Höer Veldtog deur Carel Pretorius, Ewald Verster en Lucia Petschnig van Stellenbosch Academy of Design and Photography

Silwer wenner

3. Dis kak in die donker deur Marjòrie Meijerink van Vega School of Brand Leadership, Johannesburg

Silwer wenner