Privaat stralers, luukse bote, bediendes wat regstaan en ’n ligpienk paleis as haar tuiste. Die lewe het beslis verander vir die goue meisie van swem sedert sy Benoni gegroet en met ’n prins getrou het.

Maar op die vooraand van die prinses, voorheen bekend as Charlene Wittstock, se tweede huweliksherdenking, gons dit oor of sy regtig gelukkig is in die prentjiemooi prinsdom Monaco.

En nadat sy onlangs in Suid-Afrika met ’n aantreklike Nieu-Seelandse rugbyspeler gewaar is, is die gerugte dat haar huweliksbootjie met prins Albert in rowwe waters is, a´l hardnekkiger.

Lees Nicola Whitfield se artikel in Huisgenoot 4 Julie 2013