Suid-Afrikaanse sportentoesiaste sal liefs sport kyk as seks hê, toon ‘n aanlyn-peiling.

Bespreek vir Skouspel!

Die peiling, wat deur die webblad Sport24 onder sowat 7000 lesers gedoen is, het ook getoon dat meeste lesers die Springbokkaptein John Smit uit ‘n penarie sal help eerder as een van Suid-Afrika se mooiste vroue.

Volgens dié webblad moes lesers ‘kies’ om of vir Smith, wat laat is vir ‘n Curriebeker wedstryd, ‘n saamrygeleentheid te gee, óf om die model Lee-Anne Liebenberg, wat laat is vir ‘n swembroek modeparade, uit te help.

“Merkwaardig het byna 63% gesê hulle sal eerder vir Smit uithelp,” het die webblad gesê.

Stem jy saam? Gee jou opinie hieronder - Huisgenoot wil graag weet wat jy dink hiervan.

Meer as 70% van die deelnemers wat aan die peiling deelgeneem het, sal ook liefs ‘n sportwedstryd kyk as om met hul eggenote of lewensmaat te "speel’.

“Die uitslae toon hoe lief mans vir hul sport is,” het die webblad gesê.