Jy ken hom veral as die pianis in die speletjieprogram Liriekeraai en hy is tans te sien as die aanbieder van Proesstraat op kykNET, maar deesdae is Pedro Kruger se grootste genot in sy werk om ander kunstenaars te bemagtig.

Lees ook: Kom vier ons 100ste verjaarsdag saam met ons op 26 Maart 2016 by die KKNK!

“My eerste toneelstuk was op 14-jarige ouderdom in Fiela se kind toe ek klein Benjamin gespeel het. Ek is nou al dertig jaar in die bedryf en ek het ’n wonderlike loopbaan gehad, maar ek dink dit is tyd om die fakkel oor te gee.”

Hy glo jongmense hoef nie dieselfde foute te maak as wat hy het nie en deur die teatermaatskappy, Wordsmith, wat hy en Hennie van Greunen besit, probeer hulle soveel as jong vervaardigers, skrywers en akteurs touwys maak.

Pedro se dit maak hom ongelooflik opgewonde om met die jong talent in ons land te werk.

Kyk: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte

“Die generasie is movers en shakers. Dit is ongelooflik om te sien waartoe hulle alles in staat is. Ek was nog nooit so opgewonde oor ’n generasie nie. Dit is vir hulle lekker om te speel en hulle breek die reëls.”

Pedro is omtrent besig by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn waar ons met hom gesels en hy is onder meer betrokke by die produksies soos Pa, My Briljante Egskeiding en Boontoe! (Engelstemme vir Paassondag).

Wanneer Pedro nie hard aan die werk is nie, reis hy graag. Hy was onlangs in Kroasië en Griekeland en dan is dit altyd lekker vir hom lekker om ’n draai in Londen te maak en te gaan teater kyk.

[caption id="attachment_120911" align="aligncenter" width="600"] Pedro Kruger as die seremoniemeester by die opening van die visuele kunsprogram by die KKNK op Oudtshoorn. Pedro Kruger as die seremoniemeester by die opening van die visuele kunsprogram by die KKNK op Oudtshoorn. Foto: Peet Mocke[/caption]

“Ek lewe nie uitspattig nie. Ek hou van lekker eet, maar hoef nie fancy klere te koop nie en gebruik eerder my geld om te reis. Dit is wonderlik om te sien hoe ander kulture lewe en dinge doen en mens wil nie graag by ’n Griekse restaurant in Kaapstad eet en nie weet hoe die kos regtig in Griekeland proe nie. Mens steel idees en dit is ook lekker om jouself op ’n wêreldverhoog te meet. Dan sien mense Suid-Afrika hoef glad nie terug te staan wanneer dit kom by kos, teater en sy mense nie.”

As Pedro nie die wêreld vol reis nie, geniet hy dit om saam met vriende in sy huis in die Kaapse voorstad Durbanville uit te span en om die braaivleisvuurtjie te kuier. En dan is daar natuurlike sy liefling hond, Timmy, die Golden Retriever wat maar te bly is wanneer Pedro na ’n lang reis tuis kom.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Wêreldmonumente verlig ter ondersteuning van Brussel

Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’

Suid-Afrika ‘nie immuun teen terreur’

Ontploffings ruk Brussels-lughawe: Talle beseer, honderde vasgekeer